Milad-toring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek


Milad-toring

Hormozan street, Shahrake Gharb.jpg


Ligging
Teheran, Iran

Aerial View of Tehran 26.11.2008 04-35-03.JPG


Funksie
Televisietoring
Restaurant
Konferensiesentrum
Hotel
Uitkykplatvorm


Opgerig
2000 - 2007



Tegniese gegewens

Hoogte:
435 m

Uitkykplatvorms:
250-315 m

2011-09-28 16-39-07 Iran.jpg

Materiaal: Staal en beton

Die Milad-toring (ook bekend as Borj-e Milad , Farsi: برج میلاد ) is 'n televisie- en kommunikasietoring in die Iranse hoofstad Teheran. Die toring, wat tussen 2000 en 2007 in opdrag van die Teheranse stadsregering aan die grens tussen die stadsdistrikte Shahrak-e Gharb en Gisha opgerig en in 2008 geopen is, is met 'n hoogte van 435 meter (insluitende die antenne) die hoogste toring in Iran en tans die sesde hoogste televisietoring ter wêreld. Die toring het 'n hoofgebou met twaalf verdiepings waarvan die dak teen 'n hoogte van 315 m geleë is. Dit kan deur middel van 'n trap of hysbakke bereik word. Die toring se agthoekige basis versinnebeeld tradisionele Persiese boukuns.

Die Milad-toring maak deel uit van die Tehran International Trade and Convention Centre wat naas die telekommunikasietoring restaurante met 'n panoramiese uitsig oor Teheran, 'n vyfsterhotel, 'n konferensiesentrum, 'n wêreldhandelsentrum en 'n inligtingstegnologiepark insluit. Dit beskik daarnaas oor 'n parkeerplek van 27 000 m², 'n groot rekenaar- en telekommunikasie-eenheid, 'n kulturele en wetenskaplike sentrum, 'n vertoonlokaal vir uitstallings, 'n gespesialiseede biblioteek en 'n administratiewe eenheid.

Eksterne skakels[wysig]