Mimas (maan)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mimas (natuurlike satelliet))
Spring na: navigasie, soek
Mimas   
Mimas Cassini.jpg
Mimas met die impakkrater Herschel, soos afgeneem deur die Cassini–Huygens-wenteltuig op 13 Februarie 2010.
Ontdekking
Ontdek deur William Herschel
Datum 17 September 1789[1]
Alternatiewe name Saturnus I
Wentelbaaneienskappe[2]
Periapside 181 902 km
Apoapside 189 176 km
Eksentrisiteit 0,0196
Wentelperiode 0,942 dae
Inklinasie 1,574 ° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 415,6×393,4×381,2 km
(0,0311 Aardes)
Gem. radius 198,2 ± 0,4 km
Oppervlakte ~490 000 km²
Volume ~32 900 000 km³
Massa (3,749 3 ± 0,003 1)×1019 kg[3]
(6,3×10-6 Aardes)
Gem. digtheid 1,1479 ± 0,007 g/cm³
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,064 m/s² (0,648%g)
Ontsnapping-
snelheid
0,159 km/s
Rotasieperiode sinchronies
Aksiale neiging geen
0,962 ± 0,004 (geometries)
Temperatuur ~64 K
Skynmagnitude 12,9[4]


Mimas agter Saturnus se F-ring, soos opgeneem deur die Cassini–Huygens-wenteltuig in Januarie 2008.

Mimas (Grieks: Μίμας; ook Saturnus I) is 'n natuurlike satelliet van die planeet Saturnus. Die maan is op 17 September 1789 ontdek deur William Herschel. Mimas het 'n baie lae digtheid, 1,17, wat aandui dat die maan hoofsaaklik uit bevrore water bestaan en 'n klein hoeveelheid rots.

Die mees opvallendste kenmerk van Mimas is 'n groot impakkrater met 'n deursnit van 130 km, wat na Herschel, die ontdekker van die maan, vernoem is. Herschel (die krater) neem amper 'n derde van die maan se deursnit in beslag. Die rand van die krater is ongeveer 5 km hoog en die diepste dele tot 10 km diep. Die sentrale berg is 6 km hoog. As daar 'n krater op die aarde was wat dieselfde verhouding gehad het met die aarde as wat Herschel met Mimas het, sou dié krater 'n deursnit van 4000 km gehad het - breër as Kanada. Die impak wat die krater veroorsaak het, het waarskynlik amper vir Mimas uiteengeskeur: daar is aan die ander kant van die maan skeure te sien wat moontlik veroorsaak is deur skokgolwe van die impak wat dwarsdeur die maan gereis het.

Daar is ook kleiner kraters op Mimas se oppervlak, maar hulle kom nie naby die grootte van Herschel nie.

Verwysings[wysig]

  1. Imago Mundi: La Découverte des satellites de Saturne (in Fraans)”.
  2. Harvey, Samantha (11 April 2007). “NASA: Solar System Exploration: Planets: Saturn: Moons: Mimas: Facts & Figures”. NASA. URL besoek op 2007-10-10.
  3. Jacobson, R. A. (2005). “The GM values of Mimas and Tethys and the libration of Methone”. Astronomical Journal 132 (2). DOI:10.1086/505209.
  4. Observatorio ARVAL (15 April 2007). “Classic Satellites of the Solar System”. Observatorio ARVAL. URL besoek op 2011-12-17.