Mingerhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mingerhout
S.A. nasionale nommer: 684 [1]
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Gentianales
Familie: Rubiaceae
Subfamilie: Cinchonoideae
Tribus: Naucleeae
Genus: Breonadia
Ridsdale
Spesie: B. salicina
Binomiale naam
Breonadia salicina
(Vahl) Hepper & J.R.I.Wood
Sinonieme

Adina microcephala
Breonadia microcephala

Die Mingerhout (Breonadia salicina) is 'n immergroen boom in die katjiepiering-familie, Rubiaceae. Dit is die enigste spesie in die genus Breonadia. Die boom kom in tropiese en suidelike dele van Afrika, die Arabiese Skiereiland en in Madagaskar voor.

In Suider-Afrika word dit vanaf die noorde van KwaZulu-Natal tot by die Zambezirivier aangetref. Daar is ook 'n afgesonderde populasie langs die Limpoporivier wes van Musina. Dit is 'n beskermde boom in Suid-Afrika.[2] Ander inheemse name is: Mohlomê in Sotho, Mutu-lume in Venda en Umfomfo in Zoeloe.

Die boom kom soms in stande voor en groei net langs standhoudende riviere. Die blare is in kranse van drie tot vier gerangskik, is ellipties, glansend donkergroen en min of meer regop. Die boom lyk baie soos die Kinaboom, maar hulle kom nie in dieselfde habitat voor nie.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik, 217. ISBN 978-1-77007-759-1. 
  2. Beskermde bome”. Suid-Afrikaanse Department van Waterwese en Bosbou: 3 Mei 2013.