Mmusi Maimane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mmusi Maimane
Mmusi Maimane

Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
10 Mei 2015
Voorafgegaan deur Helen Zille

Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
29 Mei 2014
Voorafgegaan deur Lindiwe Mazibuko

Nasionale woordvoerder: Demokratiese Alliansie
Ampstermyn
November 2011 – Mei 2014
Voorafgegaan deur Lindiwe Mazibuko
Opgevolg deur Phumzile van Damme
Marius Redelinghuys

Federale Adjunkvoorsitter van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
November 2012
Voorafgegaan deur Dianne Kohler Barnard

Persoonlike besonderhede
Geboorte 6 Junie 1980 (1980-06-06) (34 jaar oud)
Krugersdorp, Suid-Afrika
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/eggenote Natalie Maimane[1]
Kind(ers) 2[1]
Alma Mater Universiteit van die Witwatersrand
Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van Wallis
Religie Rooms-Katolieke Kerk

Mmusi Aloysias Maimane[2] is die leier van die Demokratiese Alliansie (DA). Hy is op 6 Junie 1980 in Krugersdorp gebore en het in Dobsonville, Soweto, gewoon en skoolgegaan. Hy is met Natalie getroud en hulle het twee kinders, Kgalaletso en Daniel.

Maimane is in Mei 2014 as parlementslid ingehuldig nadat die DA nie Gauteng, waar hy die premierskandidaat was, kon wen nie. Op 26 Mei 2014 word aangekondig dat hy as die DA se parlementêre leier verkies is. Maimane neem die pos by Lindiwe Mazibuko oor. Sy het kort ná die verkiesing aangekondig dat sy oorsee gaan studeer.[3] Op 10 Mei 2015 volg hy Helen Zille, wat uitgetree het, op as die DA-partyleier.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) "Maimane: We are a South African family", Cape Argus, 14 August 2014. URL besoek op 16 August 2014.
  2. (en) DailyMaverick.co.za
  3. Maimane is DA se nuwe parlementêre leier, Maroela Media, 26 Mei 2014

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur:
Helen Zille
Leier van die Demokratiese Alliansie
10 Mei 2015
Opgevolg deur:
--
Voorafgegaan deur:
Dianne Kohler Barnard
DA se Federale Adjunkvoorsitter
2012
Opgevolg deur:
--
Voorafgegaan deur:
Lindiwe Mazibuko
Parlementêre leier van die Opposisie
26 Mei 2014
Opgevolg deur:
--
Voorafgegaan deur:
Lindiwe Mazibuko
Nasionale spreker van die Opposisie
November 201129 Mei 2014
Opgevolg deur:
Phumzile van Damme
Marius Redelinghuys