Moedersdag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Gelukkige moeder ontvang 'n kaartjie.

Moedersdag is 'n dag wat moeders en moederskap gedenk. Moedersdag word in Suid-Afrika (en meeste ander westerse lande) op die tweede Sondag van Mei gevier. Die dag komplementeer Vadersdag, wat vaders en vaderskap gedenk.

Mense wat die dag vier bederf gewoonlik hulle moeders op die dag. Hulle bedien soms ontbyt aan hulle moeders in die bed en help uit met kosmaak en ander huishoudelike take. Kaartjies, blomme en geskenke word ook soms op die dag aan moeders gegee om die dag vir hulle ekstra spesiaal te maak.

Jaar Moedersdag
2011 8 Mei
2012 13 Mei
2013 12 Mei
2014 11 Mei

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Moedersdag (kategorie)