Moembaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Moembaai
मुंबई
Mumbai skyline88907.jpg

Kaart Wapen
BombayKaart.PNG
Flag of None.svg
Distrikte
Bombaycitydistricts.png
 Land Vlag van Indië Indië
 Provinsie Maharashtra
 Koördinate 18°58′N 72°50′O
 Gestig op 17de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 437,71 vk km
 Hoogte bo seevlak 11 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2001) 11 978 450
 - Bevolkingsdigtheid 27 366/vk km
 - Metropolitaanse gebied 21 900 967
 Tydsone UTC +5:30
 Burgemeester Sunil Prabhu (SS)

Moembaai (Marathi: मुंबई) is die hoofstad van die Indiese staat Maharashtra en die hoogs bevolkte stad in Indië. Moembaai lê op 'n eiland aan die weskus van Indië by 18°58′N 72°50′O aan die Indiese Oseaan. Dit is die sesde grootste metropolitaanse gebied in die wêreld met 'n bevolking wat in 2001 op 11 978 450 geskat is. As die grootste hawestad in Wes-Indië met 'n diep natuurlike hawe word meer as die helfte van Indië se passasiervervoer hier hanteer.

Geskiedenis[wysig]

Naam[wysig]

Die tempel van die Hindoe Godin Mumbadevi

Die naam Moembaai is afgelei van Mumba of Maha-Amba-die naam van die Koli godin Mumbadevi en Aai, beteken "moeder" in die Marathi taal.[1] Die naam Bombaai het sy oorsprong in die 16de eeu gekry toe die Portugese die naam gegee het. In die 17de eeu het die Engelse Bombaai beset en het dit ook Bombaai begin noem omdat dit makliker was om uit te spreek. In 1995 het dit terug verander na Moembaai. Indiërs het die stadsnaam nog altyd uitgespreek as Moembaai.

Verwysings[wysig]

  1. Bapat, Jyotsna (2005). Development projects and critical theory of environment. SAGE. ISBN 978-0-7619-3357-1.