Mof Myburgh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mof Myburgh Sportportaal
Volle naam Johannes Lodewikus Myburgh
Geboortedatum 24 Augustus 1936 (1936-08-24) (77 jaar oud)
Geboorteplek Senekal, Suid-Afrika
Bynaam Mof
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Stut
Amateurklubs
Polisie
korrek op .
Provinsiale/Staatspanne    
Noord-Transvaal
korrek op .
Nasionale span(ne) Wedst (pte)
1962-1970 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 18 ()
korrek op .
Ander Inligting
Beroep Polisieman
Eggenote Aneline
Kinders Karen & Linda

Johannes Lodewikus Myburgh (24 Augustus 1936, Senekal - 15 Junie 2012, Pretoria) - bekend as Mof - is 'n Springbokrugbyspeler wat agtien toetse vir Suid-Afrika gespeel het. Hy het provinsiale rugby vir Noord-Transvaal gespeel.

Myburg speel sy eerste toets in 1962 teen die Britse en Ierse Leeus in Johannesburg. Sy laaste toets was teen die All Blacks in 1970, ook in Johannesburg. Van die agtien wedstryde is 12 gewen, 2 verloor en 4 gelykop beslis.

Myaburg is ook 'n Blou Bul-legende, en het 109 wedstryde vir Noord-Transvaal gespeel.

Mof was 'n tydgenoot en spanmaat van Frik du Preez. Hy sal onthou word vir sy woorde nadat Noord-Transvaal vir die Westelike Provinsie in 1969 geklop het: "Ai, die Frik darem. Vandag het hy gedrop, geplace en gescore."[1]

Hy is op 15 Junie 2012 op 75-jaruge ouderdom in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria oorlede. Hy het probleme met sy hart gehad en is 'n paar dae voor sy dood ook met lewerkanker gediagnoseer. Hy laat sy vrou, Aneline, twee dogters en drie kleinkinders agter.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9

Bron[wysig]

  • Legendariese Springbok-stut 'Mof' Myburgh sterf, Beeld. 15 Junie 2012