Mokala Nasionale Park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mokala Nasionale Park
Mokala-001, b.jpg
Land Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Naaste dorp Kimberley
Ligging van Mokala Nasionale Park op 'n kaart (Suid-Afrika)
Mokala Nasionale Park
Mokala Nasionale Park
Koördinate: 29°10′0″S 24°21′0″O Koördinate: 29°10′0″S 24°21′0″O
Oppervlak 19 611 ha
Openingsjaar 2007
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Mokala Nasionale Park

Die Mokala Nasionale Park is in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit park se naam is 'n Setswana-naam vir Kameeldoringboom. Die park is 80 km suidwes vanaf Kimberley, in Junie 2007 geproklameer en is 19 611 ha groot.

Diere is vanaf die voormalige Vaalbos Nasionale Park hierheen oorgeplaas deur SANParke.

Fauna[wysig]

Soogdiere[wysig]

Hier is ook 'n groot verskeidenheid voëls om waar te neem.

Flora[wysig]

Bome[wysig]

Grasse[wysig]

Huisvesting[wysig]

Huisvesting is in een van drie lodges, Haak-en-Steek, Mosu en Lilydale. Mosu Lodge kyk uit oor 'n watergat, wat veronderstel is om 'n bymekaarkomplek van voëls en diere te wees.

Besoekers kan behalwe in die lodges, ook oornag in die Stofdam-voëlskerm, die Kameeldoorn-boomhuis en in die rustieke Motswedi-kampterrein, deur van hulle eie kamptoerusting gebruik te maak. Motswedi se staanplekke bied elkeen 'n privaattoilet, stort en ingeboude ontbythoekie. Geen kragpunte is hier beskikbaar nie; die geysers is sonkragaangedrewe.

Twee restaurante is geleë by Mosu Lodge en Lilydale; maaltye by beide moet vooraf bespreek word by ontvangs. Lilydale bedien slegs ontbyt en middagetes, geen aandetes nie. Selfsorg wilderniskampe en 'n luukse privaatkamp word beplan vir die toekoms.

Bronne[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Eksterne skakels[wysig]