Moltenopas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Padbord wat die begin van die Moltenopas aandui.

Moltenopas is 'n bergpas in die Wes-Kaapprovinsie in Suid-Afrika. Dit is geleë in die dorre Nuweveldberge, op die R381 tussen Beaufort-Wes in die Wes-Kaap en Loxton in die Noord-Kaap. Die pas bereik 'n hoogte van 1 524 en het 'n maksimum helling van 1:10.

Die pas is in Mei 1881 voltooi en is na die eerste Eerste Minister van die Kaapkolonie, sir John Charles Molteno vernoem, 'n sakeman wat uitgebreide grond in die gebied besit het en Beaufort-Wes in die parlement verteenwoordig het.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Kaapstad: Nasou, 1972. Vol 7, p 497

ISBN 0-625-00323-3

Sien ook[wysig]

Koördinate: 32°13′S 22°33′O