Mongane Wally Serote

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dr. Mongane Wally Serote

Mongane Wally Serote (Sophiatown, Johannesburg 1944-) is ‘n Suid-Afrikaanse digter en skrywer .

Serote het skool gegaan in Alexandra, Lesotho en Soweto. In Junie 1969 is hy gearresteer deur die apartheidregering volgens die Terrorism Act. Hy was nege maande in aleenopsluiting voor hy – nog altyd sonder klagte – vrygelaat is.

Hy het die Ingrid Jonkerprys in 1974 gewen en via ‘n Fulbright-beurs Skone Kunste gestudeer aan die Columbia University in New York.

In 1979 het hy na Suid-Afrika terugkeer waarna hy self tot 1990 in ballingskap na Gaborone, Botswana gegaan het. Hy het hier gewerk by die Medu Arts Ensemble en vriende gemaak met African National Congress. Hy was van 1983 tot 1986 hoof van die afdeling Kuns en Kultuur en van 1986 tot 1990 Kultuur Ambassadeur vir die Verenigde Koninkryk en Europa.

In Suid-Afrika word hy in 1994 as ‘n lid van die parlement verkies vir die ANC en hoof van die komitee vir kuns, kultuur, tale, wetenskap en tegnologie.

Serote sy eerste twee versamelings is kenmerkend vir die hernuwing van die swart kultuurlewe in Suid-Afrika. Sy later werk is tipiese lang gedigte, met invloede van Afrika se vertelkuns soos ritme en herhaling.

In Mei 1991 het hy van die Universiteit Natal ‘n eredoktorsgraad ontvang. Saam met baie ander toekennings het hy in 1993 die Noma Award for Publishing in Africa gewen en in 2004 die Pablo Neruda-toekenning.

Tans bly Serote in Pretoria waar hy hoof is van die ANC se departement vir Kuns en Kultuur en hoof-uitvoerende beampte van Freedom Park, wat in 2009 geopen sal word.

Werke[wysig]

Poësie[wysig]

  • Yakhal'inkomo (1972)
  • Tsetlo (1974)
  • No baby must weep (1975)
  • Behold Mama, Flowers (1978)
  • The Night Keeps Winking (1982)
  • A tough tale (1987)
  • Third world express (1992)
  • Come and Hope With Me (1994)
  • Freedom Lament and Song (1997)

Romans[wysig]

  • To every Birth its Blood (1981)
  • Gods of Our Time (1999)

Verhandelinge[wysig]

  • On the Horizon (1990)

Sien ook[wysig]