Mont-aux-Sources

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Mont-aux-Sources
Montoux-Sources.jpg
Mont-aux-Sources
Ligging: KwaZulu-Natal, Vrystaat, Suid-Afrika / Lesotho
Hoogte: 3 299 meter
Koördinate: 28°45′S 28°53′O
Mont-au-Sorces deur Pierneef. Deel van 'n muurskildery wat oorspronklik vir die Johannesburgse stasie geskep is.

Mont-aux-Sources is een van die hoogste pieke van die Drakensberge in Suider-Afrika en geleë in ’n gebied waar KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Lesotho bymekaar kom. Mont-aux-Sources is 3 299m hoog.

Die naam is van Franse oorsprong en beteken “berg van fonteine”. Die area is so genoem deur twee Franse sendelinge wat die berg as die oorsprong van riviere beskou het. Drie belangrike riviere, naamlik die Oranje, Vaal- en Tugelariviere het hul oorsprong in die area.

Die Oranjerivier ontspring net suid-oos van Mont-aux-Sources in Lesotho en staan bekend as die Senqurivier daar terwyl die Tugela se oorsprong oos van Mont-aux-Sources is. Een van die Vaalrivier se grootste sytakke die Wilgerivier ontstaan net noord-wes van Mont-aux-Sources. Die Tugelawaterval (948m hoog en tweede hoogste in die wêreld) is ook naby Mont-aux-Sources.[1]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]