Morsekode

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Amerikaanse J-38, waarmee morsekode gestuur word.
Die morsekode vir SOS ('n noodroepsein).

Morsekode is 'n stelsel om letters, nommers, getalle en leestekens deur middel van 'n onderbroke kodesein te stuur. Dit is deur Samuel Morse en Alfred Vail in 1835 ontwerp.

Die kode was oorspronklik in die 19e eeu gebruik om persoonlike- en nuusboodskappe per draad en later radio oor lang afstande te stuur en het so die spoed van kommunikasie geweldig verbeter.

Alhoewel Morsekode amper heeltemal vervang is deur meer moderne vorms van elektroniese kommunikasie word dit nog gebruik om sommige tweerigtingradio herhalers en navigasie toerusting te identifiseer. Dit word ook nog heelwat deur radio amateurs gebruik om met mekaar te kommunikeer. Voordele van die kode is dat, in vergelyking met moderne analoog en digitale uitsendings, dit met baie eenvoudige toerusting gestuur en ontvang kan word en dat boodskappe met relatief min elektriese krag oor lang afstande hoorbaar kan wees.

Morsekode is 'n vroeë vorm van digitale kommunikasie; maar anders as moderne binêre digitale kodes wat slegs twee state gebruik (0 en 1), gebruik Morsekode vyf: kolletjie (·), strepie (–), kort rus (tussen elke letter), medium rus (tussen woorde) en lang rus (tussen sinne).

Letters[wysig]

Letter Internasionale
Kode
Amerikaanse
Morse
Letter Internasionale
Kode
Amerikaanse
Morse
A · - · - N - · - ·
B - · · · - · · · O - - - - - -
C - · - · · · _ · P · - - · · · · · ·
D - · · - · · Q - - · - · · - ·
E · · R · - · · _ · ·
F · · - · · - · S · · · · ·
G - - · - - · T - -
H · · · · · · · · U · · - · · -
I · · · · V · · · - · · · -
J · - - - · - · - W · - - · - -
K - · - - · - X - · · - · - · ·
L · - · · - - - - Y - · - - · · _ · ·
M - - - - Z - - · · · · · _ ·

(† Let wel: "_" beteken "spasie" en maak deel van die karakter uit)

Nommers[wysig]

   Internasionale   Amerikaanse
   morsekode        morsekode
0   -----            -----
1   ·----            ·--·
2   ··---            ··-·· 
3   ···--            ···-· 
4   ····-            ····-
5   ·····            --- 
6   -····            ······
7   --···            --··
8   ---··            -····
9   ----·            -··-

Morsekode vertalers en programme[wysig]

Daar is 'n aantal vertalers op die Web wat teks na morsekode kan omskakel, en dit ook deur jou rekenaar kan terugspeel: