Mosselbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mosselbaai
Uitsig oor Mosselbaai
Uitsig oor Mosselbaai
Ligging van Mosselbaai op 'n kaart (Wes-Kaap)
Mosselbaai
Mosselbaai
Ligging van Mosselbaai op 'n kaart (Suid-Afrika)
Mosselbaai
Mosselbaai
Koördinate: 34°11′S 22°8′O Koördinate: 34°11′S 22°8′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit
Stigtingsdatum 1601
Oppervlak
 - Dorp 42,2 km²  (16,3 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 59 031
 - Digtheid 1 400/km² (3 626/myl2)
Tydsone Suid-Afrikaanse Standaardtyd (UTC+2)
Poskode 6500
Skakelkode(s) 044
Die hoeksteen van die NG moedergemeente se teenwoordige kerkgebou is op 5 Maart 1949 gelê. Die argitek was Hendrik Vermooten.

Mosselbaai is 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap van Suid-Afrika met 59 000 inwoners (2011). Dit is oos van die Kaap die Goeie Hoop en wes van George geleë. Die N2 nasionale pad gaan as 'n snelweg verby die dorp. Santosstrand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.

Geskiedenis[wysig]

Die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias sit hier op 3 Februarie 1488 voet aan wal en lewer sodoende die bewys dat Afrika 'n suidelike punt het wat dit moontlik maak om van Europa na Indië te seil. Diaz noem die baai oorspronklik Aguada de São Bras.

Die huidige naam van die dorp en sy baai gaan terug op die Nederlandse seevaarder Paulus van Caerden, wat die gebied in 1601 besoek - dit is 'n verwysing na die groot aantal mossels wat hy in die baai gesien het. Die dorp was in 1848 gestig as Mosselbaai. Dit is ook vir 'n rukkie in geskiedenis Aliwal-Suid genoem. In 1852 het die destydse goewerneur, Sir Harry Smith dit probeer vernoem na die veldslag by Aliwal in Indië, waar die Britte 'n geveg teen die Sikhs gewen het. Die nuwe naam het egter nooit inslag gevind nie en dit is gou weer Mosselbaai genoem.

Woonbuurte en omliggende plekke[wysig]

Infrastruktuur[wysig]

Die spoorlyn vanaf Kaapstad het Mosselbaai in 1905 bereik. Die spoorlyne vanaf Bloemfontein en Port Elizabeth het twee jaar later gevolg. Mosselbaai beskik ook oor die sewende grootste hawe in Suid-Afrika. Die breekwater en kaai is in 1912 gebou. Die hawe is steeds in gebruik; klein vaartuie verskeep nog produkte soos graan, ingelegde vrugte en groente, oker en aalwynsap van hier.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 900 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen met produkte soos koring, wol, melk, patats en ander groente en vrugte.

Mossgas[wysig]

Die Mossgasprojek behels die wêreld se tweede olie-uit-gas aanleg. Dit aanleg is ontwerp om vir 30 jaar lank 25 000 vate petrol en diesel per dag te lewer uit gasvelde wat in 1985 85 km suidwes van Mosselbaai ontdek is. Die platform is met 24 heipale geanker en is 220 m hoog. Produksie het in 1991 by die Mossref raffinadery op land begin. Die projek was omstrede aangesien die ekonomiese lewensvatbaarheid daarvan bevraagteken is.

Die poskantoorboom[wysig]

Die bekendste witmelkhout (Sideroxylon inerme) is die poskantoorboom by Mosselbaai wat na raming ongeveer 600 jaar oud is. Dit word as Suid-Afrika se eerste posbus beskou. Volgens oorlewering het Portugese soldate in 1500 'n skoen met 'n brief aan die boom opgehang. In die brief beskryf 'n skeepskaptein van die vloot, Pedro d’Ataide die verdrinking van Bartholomeus Diaz. Hy wou die brief na Portugal stuur en het dit toe in die boom laat opgehang met die hoop dat die brief sy bestemming sou bereik. 'n Paar maande later ontdek 'n ander Portugees, Joao da Nova, die brief en neem dit saam huis toe.

Skeepswrakke[wysig]

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg