Mosterd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mosterd op 'n sny brood
Mosterd, geel
Voedingswaarde per 100 g
Energie 70 kcal   280 kJ
Koolhidrate     8 g
- Suikers  3 g
- Dieetvesel  3 g  
Vette 3 g
Proteien 4 g
Natrium  1120 mg 75%
Persentasies is relatief tot VS
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Mosterd is kruiepasta met 'n skerp smaak wat tydens die voorbereiding van voedsel en ook tydens die maal by voedsel gevoeg word vir ekstra geur en smaak. Mosterd word vervaardig uit gemaalde mosterdsade, asyn, water, suiker en sout. Soms word daar wel 'n paar ekstra speserye (soos peper) bygevoeg.

Mosterd kry sy skerp smaak van bepaalde ensieme teenwoordig in die mosterdolie. Mosterd kan ook tuis gemaak word deur, ten minste, gemaalde mosterdsaadjies, asyn, water, suiker, sout en kruie na smaak toe te voeg. Suiker is nie verpligtend nie, maar wel handig as 'n soeter mosterd verlang word; heuning is ook geskik hiervoor.

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mosterd (bladsy)