Mount Rushmore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Uitgekerfde beelde
Ingang na die perseel
Air Force One vlieg oor Mount Rushmore

Die Mount Rushmore monument is vier beelde van die gesigte van presidente George Washington, Thomas Jefferson, Theodore Roosevelt en Abraham Lincoln wat in die Harneyberg uitgekerf is. Die Harneyberg is in 'n reservaat in die Black Hills District in die deelstaat Suid-Dakota. Magtiging is deur die Amerikaanse Kongres in 1925 gegee om die monument te bou. Die werk was gedoen onder die toesig van Gutzon Borglum en daar is in 1925 begin met die projek. Borglum het ook die monument ontwerp. Die vier beelde, elk 60 voet groot, is tussen 1930 en 1939 onthul. Die beelde was uitgekerf uit die rots met lugdrukbore. Die werk is gestaak toe Borglum in 1941 oorlede is.

Bron[wysig]

  • Collier's Encyclopedia. Vol 16. Bladsy 673.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 43°52′44.324″N 103°27′35.384″W