Movement for Multi-Party Democracy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Movement for Multi-Party Democracy
MMD
Leier Nevers Mumba
Ideologie Sosiale demokrasie, progressiwisme, reformisme, vakbondbeweging, derde Weg
Webblad mmdzambia.org

Die Movement for Multi-Party Democracy (MMD) is sedert die verkiesing einde 1991 Zambië se regerende party en ook die party waaraan elke president sedert Kenneth Kaunda behoort het, naamlik Frederick Chiluba, Levy Mwanawasa en Rupiah Banda. Die party is in die laat jare tagtig gebore uit ontevredenheid met Kenneth Kaunda se United National Independence Party se 27 jaar lange regering, waartydens opposisieparty reeds in 1972 verbied is. Die MMD het die parlementsverkiesings van 1991 en 1996 met 'n volstrekte meerderheid gewen, maar in 2006 minder as die helfte van die setels verower.