Msunduzi-rivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Msunduzi-rivier
Dusirivier
Deel van die Msunduzi-rivier waar roeiers gereeld oefen.
Deel van die Msunduzi-rivier waar roeiers gereeld oefen.
Oorsprong KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Monding Umgenirivier
Stroomgebied Suid-Afrika
College Road-brug oor die Msunduzi in Pietermaritzburg, Suid-Afrika.

Die Msunduzi-river is 'n rivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is ook bekend as die Dusirivier. Die Msunduzi is 'n sytak van die Umgenirivier.

Die Dusi-kanowedvaart (die Dusi) vind jaarliks op die rivier tussen Pietermaritzburg en Durban plaas. Dit word as die belangrikste kompetisie vir kanowedvaarders in Suid-Afrika beskou. Die wedvaart lok jaarliks ongeveer 2000 roeiers, en ontvang nasionaal in die Suid-Afrikaanse media dekking.

In 2009 is 'n groot krokodil van ongeveer 2 meter in die Dusi se waters gewaar. Twee jaar voor dit het deelnemers van die Dusi-kanowedvaart ook 'n krokodil gesien.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Krokodil skuil in Dusi se waters, Nuus24, 18 November 2009