Mthatha

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mthatha
(Umtata)
Die Nelson Mandela-museum in Mthatha
Die Nelson Mandela-museum in Mthatha
Ligging van Mthatha op 'n kaart (Oos-Kaap)
Mthatha
Mthatha
 Mthatha se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°34′S 28°46′O Koördinate: 31°34′S 28°46′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik O.R. Tambo
Munisipaliteit Koning Sabata Dalindyebo
Stigting 1876
Oppervlak[1]
 - Stad 54,97 km²  (21,2 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 96 114
 - Digtheid 1 748/km² (4 527,3/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 94.6%
 • Kleurling 2.7%
 • Indiër/Asiër 1.2%
 • Blank 1.0%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 85.0%
 • Engels 8.6%
 • Afrikaans 1.1%
 • Gebaretaal 0.9%
 • Ander 4.4%
Poskode (straat) 5080
Poskode (posbus) 5080
Skakelkode(s) 047

Mthatha (voormalige Umtata[2], die hoofstad van die voormalige Transkei) is die setel van die Koning Sabata Dalindyebo Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp het 'n lughawe, voorheen bekend as K. D. Matanzima-lughawe[3], genoem na die eertydse Transkeise leier Kaiser Matanzima. Die N2 nasionale pad tussen Durban, Oos-Londen en Kaapstad deurkruis Mthatha.

Die spoorlyn verbind die dorp sedert 1916 met Oos-Londen.

Die Mthathadam is ongeveer 8 kilometer stroomop van die dorp gebou.[4]

Geskiedenis[wysig]

Panoramiese uitsig deur Caesar Carl Hans Henkel oor Mthatha in 1913 met die Mthatharivier op die voorgrond en die Drakensberge op die agtergrond.

Die dorp het ontstaan om 'n buffersone te kry, aangesien daar groot onmin tussen die Pondo- en Temboestamme was. In 1875 is 'n magistraatkantoor geopen en JF Boyes was die eerste magistraat. Die dorp is in 1879 ontwikkel op die oewers van die Mthatharivier en drie jaar later is munisipale status verkry. Dit was 'n militêre kamp vir die Britse koloniale magte rondom 1882.

Mthatha word later die administratiewe hoofstad van die area en huisves beide die Anglikaanse en Rooms-Katolieke Kerk se katedrale. Dit word die setel van tradisionele owerhede tussen 1965 en 1970s en 'n nuwe parlementsgebou vir die Transkei word gebou, tot vandag toe bekend as die Bunga.

'n Tak van die Universiteit van Fort Hare is destyds op die dorp geopen en na onafhanklikheid van die Transkei in 1977 word dit die Universiteit van Transkei, wat sedertdien saamgesmelt het as die Walter Sisulu Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie.

Distrik[wysig]

Die distrik van 1 770km2 is geskik vir vee- en skaapboerdery en graanverbouing.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Mthatha”. Sensus 2011.
  2. "Goewermentskennisgewing" (sic) in 2004
  3. K D Matanzima Airport
  4. Fatoki, OS, Muyima, NYO and Lujiza, M (October 2001). “Situation analysis of water quality in the Umtata River catchment” (PDF). Water SA 27 (4).