Multinasionale korporasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Multinasionale korporasie is 'n maatskappy wat in meer as een (of selfs die meeste) lande teenwoordig is deur produksie en/of verkope.

Bekende voorbeelde van multinasionale korporasies sluit in:

  • Microsoft wat in die VSA ontstaan het, maar ook takke in onder meer Indië het, waar baie van die sagtewareontwikkeling gedoen word, en wat wêreldwyd sagteware verkoop.
  • Oracle wat in die VSA ontstaan het, maar met 'n wêreldwye ondersteunings- en verkoopsnetwerk, onder andere in Suid-Afrika.
  • HSBC wat bankdienste in baie lande wêreldwyd verskaf.
  • Coca-Cola wat wêreldwyd fabrieke en afsetgebiede het.
  • Nike, 'n Amerikaanse sportskoene en -toerustingmaatskappy wat in verskeie lande in Asië fabrieke het.
  • British Petrolium, die brandstofmaatskappy.

Eksterne skakels[wysig]