Muse (musiekgroep)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Muse
MuseTorontoApril2004.JPG
Muse, van links na regs: Matthew Bellamy, Dominic Howard, en Christopher Wolstenholme, tydens 'n regstreekse optrede.
Oorsprong Devon (Engeland)
Genre(s) Alternatiewe rock
Aktiewe jare 1994 — hede
Uitgewer(s) Warner Bros.
Taste Media
Mushroom
A&E/Helium 3
Webwerf www.muse.mu
Lede Matthew Bellamy
Christopher Wolstenholme
Dominic Howard
Muse logo.svg
Portal.svg Musiekportaal

Muse is 'n Engelse musiekgroep wat in Teighnmouth, Devonshire in 1994 gevorm is onder die naam Rocket Baby Dolls. Die groeplede is Matthew Bellamy (stem, kitaar, klavier), Chris Wolstenholme (baskitaar, agtergrondstem) en Dominic Howard (tromme). Muse is bekend vir hul groot en energieke konserte en was die eerste groep om 'n konsert in die nuutgeboude Wembley-stadion in Londen uitverkoop te hê. Muse het al vyf ateljeealbums uitgereik: Showbiz (1999), Origin of Symmetry (2001), Absolution (2003), Black Holes and Revelations (2006) en The Resistance (2009). Twee direkte opnames is ook al vrygestel, naamlik Hullabaloo Soundtrack (2002) en H.A.A.R.P. (2008). Hulle het al baie toekennings ontvang, onder andere vyf MTV Europe-musiektoekennings, vyf Q-toekennings, vier NME-toekennings, en twee BRIT-toekennings.

Diskografie[wysig]

  • Showbiz (1999)
  • Origin of Symmetry (2001)
  • Absolution (2003)
  • Black Holes and Revelations (2006)
  • The Resistance (2009)

Bronne[wysig]