Mzoli's

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gelukkige toeriste buitekant die restaurant in April 2006.

Mzoli's (ook bekend as Mzoli se Plek, Mzoli se Vleis of Mzoli se Slaghuis) is 'n slaghuis, bekende braai-restaurant en informele nagklub in Gugulethu, 'n swart township digby Kaapstad..[1] Sedert Mzoli's in vroeg 2003 oopgemaak het, het die restaurant 'n populêre bymekaarkomplek vir Kaapstad se inwoners en 'n bekende toeristeaantreklikheid geword.[2] Desnieteenstaande, onder Gugulethu se inwoners het Mzoli's 'n reputasie vir openbare dronkenskap en minagting van die plaaslike gemeenskap.[3][4] Mzoli's is genoem na sy stigter en eienaar, Mzoli Ngcawuzele.[5][6]

Die restaurant Mzoli's, wat naby Kaapstad Internasionale Lughawe lê, is in 2003 geopen met ondersteuning van die Development Bank of South Africa; dit het sedertdien gegroei uit tot 'n uithangplek vir die plaaslike gemeenskap sowel as toeriste.

Besoekers kan in die slaghuis hul vleis kies oor 'n toonbank. Nadat hul daarvoor betaal het, gaan hulle met die bak rou vleis na die braaiplek toe. Hier kan een van 'n volgende groep entrepreneurs "gekontrakteer" word om die vleis na smaak gaar te maak oor die kole. Terwyl daar gebraai word kan daar mieliepap en tsjakalaka ('n pittige kruiesous met 'n tamatiebasis) bestel word as bykosse by die vleismaaltyd. Daar is geen spesiale borde en eetgerei nie. Na die braai kan die vleis met die hand geëet word op die grasbedekte terras buite. Daar verseker die DJ's en dansende menigte vir die atmosfeer op maat van "Deep House"- en kwaito-musiek.

Verwysings[wysig]

  1. Adami, Kelly (2005-08-25). “They may be Legless, but they're going places.”. Financial Mail. URL besoek op 2007-09-17.
  2. Mzoli's - the ultimate user-generated restaurant”. cherryflava: 2007-05-02. URL besoek op 2007-09-17.
  3. Zara Nicholson and Murray Williams. "Tourists and DA councillor held in Gugs drinking raid", Cape Argus, 2006-11-20.
  4. Gugulethu residents to protest against new Mall backed by the famous Mzoli and Old Mutual.”. "Anti-Eviction Campaign".
  5. "Where would we go if it shut down?", City Vision, 2004-11-25. URL besoek op 2007-09-17.
  6. Zama feni, Leila Samodien and Murray Williams. "Mzoli's new cross to bear", Independent Online, 2007-01-03. URL besoek op 2007-09-17.

Koördinate: 33°58′35″S 18°34′11″O

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.