N3 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Padteken van die N3.
Die N3 word in rooi aangedui.
Van Reenenspas op die N3, op pad na Johannesburg.
Die N3 deur die KwaZulu-Natal Middelande.

Die N3 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika. Die pad verbind Durban, KwaZulu-Natal met Johannesburg, Gauteng via die Vrystaat. Die hele pad van Durban na Johannesburg is 'n snelweg van 4 bane waar net by die tolhekke of vulstasies gestop mag word.

KwaZulu-Natal[wysig]

Die N3 begin in Durban se middestad waar Monty Naickerweg die N3 word. Die pad hou dan wes en kruis die N2 nasionale pad by die EB Cloete-wissellaar. Hiervandaan gaan die pad verby Pinetown, dan deur die Mariannhill Tolhek, verby Camperdown na Pietermaritzburg. Die Comrades-maratonroete kruis die snelweg 'n paar keer. Die snelweg gaan tussen Howick en die Midmardam deur, deur die Mooirivier Tolhek en hou aan tot by die Estcourtafrit. Net hierna is die Wagendriftdam te sien aan die linkerkant. Die snelweg hou noordwes, kruis die Tugelarivier, gaan deur die Tugela Tolhek en verby die een punt van die N11 nasionale pad wat ook die afrit na Ladysmith is. Na 'n verdere 20 km word die Drakensberg bestyg via die Van Reenenspas en word deur die dorpie Van Reenen gery. Nou word die Vrystaat binnegegaan.

Vrystaat[wysig]

Na 11 km word by Swinburne verby gery en die Wilgerivier word gekruis in die proses. Twintig kilometer verder gaan die N3 deur Harrismith waar die N5 afdraai. Na 'n verdere 51 km gaan die pad verby Warden, deur die Wilge Tolhek en dan reguit noordoos tot by Villiers. Hier word die Vaalrivier gekruis en sowat 20 km verder word daar verby die Grootvleikragstasie (aan die regterkant) gery. Na 'n verdere 20 km word Gauteng binne gegaan.

Gauteng[wysig]

Twintig kilometer later gaan die N3 eers deur die De Hoek Tolhek, verby Heidelberg en hou vir nog 40 km noordwes aan tot by Alberton. Hier kruis die N3 die N17 nasionale pad en net daarna sluit die N12 by die N3 aan. Die N3 hou noord, gaan deur die Geldenhuyswisselaar, deur die Gillooly's-wissellaar tot by die Sandton/Buccleuch-wissellaar waar dit by die N1 aansluit en ook hier eindig.[1][2]

Tolhekke[wysig]

Daar is vyf tolhekke op die hele N3 roete. Vanaf Durban na Johannesburg is hulle as volg:

  • Mariannhill Plaza - R 8.00
  • Mooirivier Plaza - R 35.00
  • Tugela Plaza - R 50.00
  • Wilge Plaza - R 47.00 (By Villiers)
  • De Hoek Plaza - R 34.00 (By Heidelberg)

Totale tolhekkoste vir 'n motor is dus: R 174.00 (een rigting). Koste soos op 1/4/2012

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]