N9 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Padteken van die N9
Die N9 word in rooi aangedui

Die N9 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika. Die pad verbind George, Wes-Kaap met Colesberg. Die N9 loop min of meer noordoos/suidwes afhangend in watter rigting gereis word.

Begin van N9 Nasionale pad: Klein Karoo[wysig]

Gesien van George begin die N9 as 'n afdraai uit die N12 net na die Outeniekwapas. Vir die eerste 70km hou die pad oos alvorens dit noordoos draai, oor die Potjiebergpas gaan en as 'n verbypad verby Uniondale gaan. Die pad gaan verder en net voor Gwarriepoort word die Oos-Kaap betree, dan volg Buyspoort en die pad is weereens 'n verbypad by Willowmore. Vir die volgende 19 km kronkel die pad deur Perdepoort, gaan onderdeur die Beervleidam verby, dus oor die Gamtoosrivier en betree die Groot Karoo.

Groot Karoo[wysig]

In die Groot-Karoo is die volgende 70 km lank en reguit alvorens die pad weer as 'n verbypad om Aberdeen gaan. Die volgende 55km na Graaf-Reinet is plat en reguit. Die N9 gaan deur Graaf-Reinet en die Kamdeboo Nasionale Park. Hier kan die reisiger gerus stop; die dorp bied vele besienswaardighede met 'n lang geskiedenis. Tegnies is die reisiger nou in die Kamdeboo.

Noord van Graaf-Reinet[wysig]

Die pad hou noordoos, en klim geleidelik. Na ongeveer 30 km gaan die pad deur Naudebergpas en dan deur die Lootsbergpas in die Sneeuberge. Laasgenoemde pas is berug vir die feit dat dit gereeld in die winter toesneeu. Net voor die N9 Middelburg bereik, sluit die N10 by die N9 aan. Dan is die reisiger by Middelburg; weereens 'n verbypad.

Middelburg en verder[wysig]

Agtien kilometer na Middelburg skei die N10 en die N9 - net voor Carlton Hoogtes. Die N10 gaan noordwes en die N9 hou noordwaarts en gaan die Noord-Kaap binne. Nog 18 km verder en die N9 hou verby Noupoort en sluit 55 km later by die N1 aan. Dit gebeur ongeveer 1 km voor Colesberg. Die N9 het nou sy einde bereik.

Sien ook[wysig]