Naboomspruit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Naboomspruit
Mookgophong
Ligging van Naboomspruit op 'n kaart (Limpopo)
Naboomspruit
Naboomspruit
 Naboomspruit se ligging in Limpopo
Koördinate: 24°31′0″S 28°48′43″O Koördinate: 24°31′0″S 28°48′43″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Waterberg
Munisipaliteit Mookgophong
Stigting 1873
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 27,18 km²  (10,5 vk m)
Hoogte 1 098 m (3 602 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 24 853
 - Digtheid 914/km² (2 367,2/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 88.1%
 • Kleurling 0.4%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 10.9%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Noord-Sotho 56.3%
 • Tsonga 13.7%
 • Afrikaans 10.9%
 • Sotho 6.1%
 • Ander 12.9%
Poskode (straat) 0560
Poskode (posbus) 0560
Skakelkode(s) 014
Webwerf: http://www.mookgophong.gov.za/

Naboomspruit is 'n dorp in die Limpopoprovinsie in die noorde van Suid-Afrika, sowat 40 kilometer suidwes van Potgietersrus (Mokopane) en aan die voet van die Waterberge. Die dorp is vernoem na die nabome (euphorbias) wat langs die oewers van 'n nabygeleë spruit groei. [2] Sedert 2002 staan Naboomspruit ook onder sy nuwe Mookgophong bekend, maar hierdie naam word - in teenstelling met ander naamveranderinge in die Limpopoprovinsie - nouliks gebruik.

Geskiedenis[wysig]

Naboomspruit is in 1910 gestig nadat die prospekteerder Adolph Erasmus tinneerslae op die plase Doornhoek en Welgevonden ontdek het. Met die stormloop van fortuinsoekers het binne enkele maande 'n besige mynboudorpie ontstaan. In 1925 het Erasmus ook platina op Rietfontein, 'n plaas in die Waterberge, gevind. Naboomspruit het sodoende nog meer myners gelok, en danksy die vinnige bevolkingsgroei het die dorp in 1938 munisipale status verwerf.

Ekonomie[wysig]

Vandag word in die distrik gemengde boerdery met veeteelt (beeste), mielies, grondbone en sitrusvrugte bedryf. Die plaaslike mineraalbronne is deur privaat maatskappye as ontspannings- en vakansieoorde ontwikkel.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Naboomspruit”. Sensus 2011.
  2. Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)”. Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.