Nairobi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Nairobi

Nairobi Montage.jpg
Kaart Wapen
Keniakaart.png
Coats of arms of None.svg
Vlag
Flag of Nairobi.svg
 Land Vlag van Kenia Kenia
 Administratiewe gewes Nairobi Provinsie
 Koördinate 1°17′S 36°49′O
 Stigting 1899
 Hoogste gebou Times Tower, 140 m
 Oppervlakte:  
 - Totaal 696 vk km
 Hoogte bo seevlak 1661 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 3 138 295
 - Bevolkingsdigtheid 4 509/vk km
 Tydsone EAT (UTC+3)
 - Somertyd Geen
 Burgemeester (party) George Aladwa
 Amptelike webwerf www.nairobicity.org

Nairobi is die hoofstad, en grootste stad van Kenia. Die naam kom van die Masai "Ewaso Nyirobi", wat "koel waters" beteken. Die inwonertal is sowat 3 miljoen. Die belangrikste tale in Nairobi is Swahili, Kikuyu en Engels. Nairobi is in 1899 gestig as tussenpunt vir die Uganda-spoorlyn tussen Mombasa en Uganda. Dié stad word in 1907 die hoofstad van die protektoraat Brits-Oos-Afrika en met onafhanklikheid in 1963 die hoofstad van Kenia.

Nairobi se internasionale lughawe is die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe. Die ouer Wilson-lughawe was in die dertiger- en veertigerjare 'n stoppunt op die roete Southampton-Kaapstad en word steeds gebruik vir privaatvliegtuie.