Nanterre

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nanterre
Place de la Defense 2004.jpg
Wapen van Nanterre
Wapen
Ligging van Nanterre op 'n kaart (Frankryk)
Nanterre
Nanterre
Koördinate: 48°53′56″N 2°11′49″O
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Île-de-France.svg Île-de-France
Département Blason département fr Hauts-de-Seine.svg Hauts-de-Seine
Arrondissement Nanterre
Kanton Nanterre-Nord, Nanterre-Sud-Est, Nanterre-Sud-Ouest
Regering
 - Burgemeester Patrick Jarry
Oppervlak
 - Stad 12,19 km²  (4,7 vk m)
Hoogte 22–127 m (72–417 vt)
Bevolking (2009)
 - Stad 89 966
 - Digtheid 7 380/km² (19 114,1/myl2)
Poskode 92000
Skakelkode(s) 92050
Webwerf: nanterre.fr

Nanterre is 'n westelike voorstad van die Franse hoofstad Parys, sowat 11,1 kilometer van die Paryse stadsentrum af, met 'n oppervlak van 12,1 vierkante kilometer en meer as 84 000 inwoners. Nanterre is die prefektuur (hoofstad) van die département Hauts-de-Seine en die setel van die Arrondissement van Nanterre. Die Universiteit van Parys X-Nanterre is een van die grootste in die metropolitaanse gebied van Parys.

La Défense, die sentrale besigheidsdistrik van Parys, strek oor die oostelike deel van Nanterre (dit maak ook deel uit van die voorstede Courbevoie en Puteaux). Die belangrikste nywerhede in Nanterre is motorvervaardiging, masjienbou, metaal- en voedselverwerking en skoonheidsmiddels.

Etimologie[wysig]

Die naam Nanterre het 'n lang geskiedenis en dateer uit die tydperk voor die Romeinse verowering van Gallië. Die Romeine het die stad Nemetodorum genoem, 'n afleiding van die Keltiese woorde nemeto ("heiligdom") en duros ("deur, poort", "fort, vesting"). Die heiligdom, waarna die stad se naam oorspronklik verwys het, is glo die antieke heiligdom op die berg Mont-Valérien.

Eksterne skakels[wysig]