Nasji

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Flag Nashi.svg

Nasji
Наши

Demokratiese Anti-fascistiese Jeugbeweging «Ons S'n»



Stigting
15 April 2005


Hoofkwartier
Moskou


Webtuiste
www.nashi.su

Nasji (Russies: Молодежное демократическое aнтифашистское движение, kort «Наши», "Demokratiese Anti-fascistiese Jeugbeweging «Ons s'n«) is 'n politieke jeugbeweging in Rusland wat homself as demokratiese anti-fascistiese beweging definieer, 'n beskrywing wat in dié land se huidige politieke konteks van "beskadigde"[1] of "bestuurde demokrasie"[2] nie in die Westerse sin van die woord besef kan word nie.

Sy stigting in 2005 is deur leidende figure in die Russiese presidensiële administrasie aangemoedig. Laat in 2007 het Nasji se ledetal tot 120 000 gegroei, meestal jongmense in die ouderdomsgroep tussen 17 en 25. Die organisasie word nie amptelik as die Russiese regeringsparty "Verenigde Rusland" se jeugorganisasie erken nie, maar steun die beleid van die Kremlin-bewind onder president Dmitri Medwedef en premier Wladimir Poetin.

Nasji is blykbaar as politieke instrument gebruik tydens die blokkade van die Estniese ambassade in Moskou in 2007 en word ook verantwoordelik gehou vir 'n kuberaanval op dié Baltiese land in dieselfde jaar ná 'n Russies-Estniese dispuut oor die verskuiwing van 'n militaristiese monument in Tallinn.

Kritici het Nasji, wat intussen 'n minder belangrike rol speel, aan die Sowjet-jeugbeweging Komsomol[3] en die Hitler-jeug van Nasionaal-Sosialistiese Duitsland[4] gelykgestel.

Verwysings[wysig]

  1. Gerhard Besier: Das Europa der Diktaturen. Eine neue Geschichte des 20. Jahrhunderts. München: DVA 2006, bl. 700
  2. Vergelyk The Putin System, Canadian Broadcasting Corporation, aanlyn beskikbaar: youtube.com
  3. Birgit Beumers, Stephen Hutchings en Natalia Rulyova: The post-Soviet Russian media: conflicting signals. Taylor & Francis 2009, bl. 153
  4. Arte Journal: Kreml-treue Jugendorganisation verklagt europäische Zeitungen, 13 Januarie 2010

Eksterne skakels[wysig]

Video-dokumente