Natal (kolonie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Natalkolonie)
Spring na: navigasie, soek
Natalkolonie
Colony of Natal
Flag of Natalia Republic.svg
Flag
1843 – 1910 Red Ensign of South Africa 1910-1912.svg
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied: God Save the Queen
Ligging of Colony of Natal
Die Natalkolonie tussen 1843 en 1910
Hoofstad Pietermaritzburg
29°35′S 30°25′O
Taal/Tale Afrikaans, Engels, Zoeloe
Godsdiens Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Hindoeïsme, Presbiteriaanse Kerk, Rooms-Katolieke Kerk
Regering Monargie
Koning
 - 1843–1901 Victoria
 - 1901–1910 Edward VII
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Verowering van die Natalia Republiek 12 Mei 1843
 - Stigting van die Natalkolonie 4 Mei 1843
 - Zoeloeland geïnkorporeer 1897
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
 - Stigting van die Natalprovinsie 31 Mei 1910
Geldeenheid Pond sterling

Natal was 'n Britse kolonie in suidoostelike Afrika. Dit is op 4 Mei 1843 'n Britse kolonie verklaar nadat die Britse regering die Boererepubliek Natalia geannekseer het. Die kolonie is op 31 Mei 1910 saam met drie ander kolonies verbind om die Unie van Suid-Afrika te vorm. Die ou kolonie maak vandag deel uit van die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal.

Natal was oorspronklik net die helfte van die grootte van die huidige provinsie, met die noordoostelike grense wat deur die Tugela- en Buffelsriviere gevorm is en waarbuite die onafhanklike koninkryk van Zululand (of KwaZulu in Zulu) gelê het. Die huidige provinsie is ook vergroot met die toevoeg van Griekwaland-Oos aan die suide.

Hewige konflik met die Zoeloe-bevolking het tot die ontruiming van Durban gelei, en uiteindelik het die Boere die Britse anneksering in 1844 weens militêre druk aanvaar. 'n Britse goewerneur is vir die streek aangestel en menige settelaars het daarheen uit die Kaapkolonie en Europa geëmigreer. Die Britte het 'n suikerrietbedryf in die 1860's gestig. Plaaseienaars het dit moeilik gevind om die Zoeloe-arbeiders te lok om in die plantasies te werk; gevolglik het die Britte duisende gekontrakteerde arbeiders uit Indië met vyfjaar-termyne na Natal gebring. As 'n gevolg van die aankoms van Indiese arbeid het Durban tot die grootste Asiaties-Suid-Afrikaanse gemeenskap gegroei.