Natuurlike agtergrondbestraling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Natuurlike agtergrondbestraling kom van twee primêre bronne, naamlik kosmiese bestraling en aardse bronne. Die wêreldwye gemiddelde agtergrondbestralingsdosis vir ‘n mens is ongeveer 2,4 millisievert (mSv) per jaar. Hierdie blootstelling is meestal afkomstig van kosmiese bestraling en natuurlike isotope op die aarde. Hierdie blootstelling is baie meer as die blootstelling aan mensgemaakte agtergrondbestraling. Die gemiddelde blootstelling aan mensgemaakte bestraling per persoon in die jaar 2000 was ongeveer 0,01 mSv per jaar, afkomstig vanaf historiese kernwapentoetse, kernongelukke en hantering in die kernindustrie. Natuurlike bestraling is selfs meer as die gemiddelde blootstelling aan mediese toetse, wat tussen 0,04 tot 1 mSv per jaar veroorsaak. Ou steenkool-aangedrewe kragstasies is een van die grootste mensgemaakte bronne van agtergrondbestraling.

Die vlak van natuurlike agtergrondbestraling wissel van gebied tot gebied, en in sommige areas is dit veel hoër as in ander. Areas met hoë agtergrond bestraling sluit in Ramsar in Iran, Guarapari in Brasilië, Kerale in Indië, en Jangjiang in Sjina. In Ramsar is ‘n jaarlikse spitsdosis van 260 mSv al aangemeld.