Nederlandse Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nederlandse Wikipedia
Wikipedia-logo-v2-nl.svg
WikipediaNL-20100701.png
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Nederlands
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Outeur Wikipedia-gemeenskap
Opgerig 2001
Huidige status Aktief
URL nl.wikipedia.org

Die Nederlandse weergawe van Wikipedia het op 19 Junie 2001 begin en is in Augustus 2014 die derde grootste weergawe van hierdie aanlyn ensiklopedie gemeet aan die aantal artikels wat dit bevat, na die Engelse en Sweedse Wikipedia.[1]

Sterk groei[wysig]

Groei van die Nederlandse Wikipedia (aantal bladsye in duisende)

Op 27 Januarie 2005 verskyn die 50 000ste artikel en nog dieselfde jaar, op 14 Oktober word die mylpaal van 100 000 artikels bereik.[2]

Op 18 Maart 2006 word die 150 000ste artikel gepubliseer, slegs twee maande later, op 24 Mei die 200 000ste artikel en op 26 Desember 2006 word die grens van 250 000 artikels verbygesteek.[3] Die mylpaal van 300 000 artikels word op 29 Mei 2007 bereik.[4] Op 17 Januarie 2008 word die 400 000ste artikel bygevoeg. Op 30 November 2008 word die 500 000ste artikel bygevoeg, op 30 April 2010 die 600 000ste artikel en op 19 Junie 2011 die 700 000ste artikel. Reeds op 11 Desember 2011 bereik die Nederlandse Wikipedia die mylpaal van 1 000 000 artikels. In April 2013 gaan die Nederlandse Wikipedia verby die teiken van 1 500 000 artikels, nadat die Nederlandssprekendes se Wikipedia 'n maand vroeër groter as die Franse Wikipedia geword het.

Besoeke[wysig]

Uit die hele Wikipedia-projek se soektogte maak die Nederlandse Wikipedia 1,2% uit. Tussen 1 November 2011 en 31 Oktober 2012 word die Nederlandse Wikipedia die meeste besoek deur [5]:

Vlag van Nederland Nederland (70,5%)
Vlag van België België (24,6%)
Vlag van Duitsland Duitsland (0,7%)
Vlag van Verenigde State VSA (0,6%)
Ander (3,6%)

Die Nederlandse Wikipedia word die meeste gelees in:

  • In Nederland word die Nederlandse Wikipedia 60,2% van die kere besoek, gevolg deur die Engelse Wikipedia (32,7%) en Duitse Wikipedia (1,8%).
    • Op die voormalige Nederlandse Antille word die Nederlandse Wikipedia 17,2% van die kere besoek, oorskadu deur die Engelse Wikipedia (69,0%).
    • In Aruba word die Nederlandse Wikipedia (13,3%) naas die Engelse Wikipedia (72,8%) besoek.[6]
  • In België word die Nederlandse Wikipedia 35,8% van die kere besoek, gevolg deur Frans (33,5%), Engels (24,3%) en Duits (1,6%).
  • In Suriname word die Nederlandse Wikipedia (31,9%) ook deur die Engelse Wikipedia (61,4%) oorskadu.

Voorbeeld[wysig]

'n Voorbeeld van 'n Nederlandse artikel wat maklik deur Afrikaanse gebruikers gelees kan word: nl:Afrikaans.

Aantal artikels op hierdie oomblik[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: