Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

Leuse: For Tomorrow
Gestig: 1 Januarie 2005[1]
Tipe: Openbare universiteit
Kanselier: Santie Botha
Personeel: 4 000
Studentetal: 27 000
Voorgraadse studente: 23 000
Nagraadse studente: 4 000
Ligging: Port Elizabeth, Oos-Kaap en
George, Wes-Kaap

34°00′30″S 25°40′14″O Koördinate: 34°00′30″S 25°40′14″O
Kampus: voorstedelik
Sport: Aërobiese oefeninge, Atletiek (Baan en veld, Landloop en padwedlope), Basketbal, Boks, Boogskiet, Branderplankry, Dans, Gholf, Gimnastiek, Hokkie, Judo, Karate, Krieket, Muurbal, Netbal, Perderesies, Pluimbal, Roei, Rugby, Sagtebal, Skaak, Sokker, Swem, Tafeltennis, Tennis, Vlugbal.
Kleure: Vlootblou en wit met 'n spatsel donkerrooi
Bynaam: Madibaz
Gelukbringer: Diba die dolfyn
Webtuiste: http://www.nmmu.ac.za/


Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) is 'n tersiêre opleidingsinstansie in Suid-Afrika wat se administrasie in Port Elizabeth gesetel is. Die universiteit het vroeër as die Universiteit van Port Elizabeth (UPE) bekend gestaan.

Fakulteite[wysig]

  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Geneeskunde
  • Kunste
  • Landbouwetenskappe
  • Natuurwetenskappe
  • Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit se Besigheidskool
  • Onderwys
  • Regsgeleerdheid
  • Tegniek, Geboude Omgewing en Inligtingstegnologie

Kampusse[wysig]

Die Suidkampus is 'n reuse kompleks van omtrent 830 hektaar wat voorheen deur die Stadsraad van Port Elizabeth geskenk is. In 1983 word die gebied tot natuurreservaat verklaar.

Die universiteit bestaan tans uit die volgende kampusse:

  • Suidkampus, Somerstrand, Port Elizabeth
  • Noordkampus, Somerstrand, Port Elizabeth
  • 2de Laan-kampus, Somerstrand, Port Elizabeth
  • Missionvale-kampus, Uitenhageweg, Port Elizabeth
  • Birdstraat-kampus, Sentraal, Port Elizabeth
  • Saasveld, George

Verwysings[wysig]