Nelspoort

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nelspoort
Ligging van Nelspoort op 'n kaart (Wes-Kaap)
Nelspoort
Nelspoort
Koördinate: 32°7′0″S 23°0′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Sentraal-Karoo
Plaaslike Munisipaliteit Beaufort-Wes
Oppervlak
 - Dorpie 72 km²  (27,8 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorpie 1 700
 - Digtheid 24/km² (62,2/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6973
Skakelkode(s) 023

Nelspoort is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 50 km noordoos van Beaufort-Wes net langs die N1 nasionale pad. Die destydse Unie-Regering het in 1920 'n tuberkulose-sanatorium hier opgerig op die plaas Soutrivier. Dit was die eerste sodanige instansie in Suid-Afrika. Mnr. John Garlick van Kaapstad het 'n skenking van £25 000 daartoe gemaak. Die sanatorium is deur die Prins van Wallis in 1925 geopen. In 1947 was daar reeds 460 pasiënte toe die Britse koninklike familie daar besoek afgelê het.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]