Nicéphore Niépce

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nicéphore Niépce
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Nicéphore Niépce, omstreeks 1795.

Geboortenaam Joseph Nicéphore Niépce
Gebore (1765-03-07)7 Maart 1765
Chalon-sur-Saône, Saône-et-Loire, Frankryk
Oorlede 05 Julie 1833 (op 68)
Saint-Loup-de-Varennes,
Saône-et-Loire
Nasionaliteit Frans
Beroep Uitvinder
Bekend vir Fotografie
Binnebrandenjin
Nicéphore Niépce signature.svg

Nicéphore Niépce (geb. Joseph Niépce; 7 Maart 1765 – 5 Julie 1833)[1] was ’n Franse uitvinder, wat veral bekend is as een van die uitvinders van fotografie.[2] Hy het heliografie uitgevind, ’n tegniek waarmee die wêreld se oudste foto wat behoue gebly het, View from the Window at Le Gras, in 1826 geneem is.[3]

Nog een van sy uitvindsels is die binnebrandenjin, wat hy uitgedink, geskep en saam met sy ouer broer, Claude Niépce, ontwikkel het.[4]

Verwysings[wysig]

  1. Robert Leggat (1999). “Niepce, Joseph Nicephore”.
  2. Baatz, Willfried (1997). Photography: An Illustrated Historical Overview. New York: Barron’s, 16. ISBN 0-7641-0243-5. 
  3. World's oldest photo sold to library”. BBC News: 21 March 2002. URL besoek op 2011-11-17.
  4. Niépce Museum, Other Inventions