Nico Carstens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nico Carstens
Geboortenaam Nicolaas Cornelius Carstens
Beroep(e) Musikant
Genre(s) Boeremusiek
Instrument(e) Trekklavier
Aktiewe jare 1960's - nou
Portal.svg Musiekportaal

Nicolaas Cornelius Carstens is 'n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier.

Carstens is in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetiesie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het al ongeveer 1200 liedjies geskryf.

Sy bekendste liedjie, "Zambezi" word wêreldwyd 'n treffer en is deur kunstenaars soos Eddie Calvert, Acker Bilk, Bert Kaempfert, The Shadows, James Last, Chet Atkins, Floyd Cramer en Johnny Dankworth opgeneem.[1] Ander komposisies daarvan is opgeneem deur Horst Wende, Henri René, Geoffliefde en orkeste in Australië, Italië en Pole.

Van sy liedjies sluit in:

Aap Setties, Boerenooi, Boma Boma; Kombuis Kwela, Brakpan Kwela, Brakpan Setties, Casablanca, Die Ou Kalahari, Die Springbok Kwela, Die Wolf Kwela, Geenfonteinse Vastrap, Gertjie Wintervoël, Goue Tango, Goue Vingers, Grandma Dooley, Hasie, Helena Cha-Cha, Helena Tango, Herd Boy/ Veewagter, Mpi Zulu, Jampot Polka, Jazz-A-Roo, Jy's My Hart, Kariba, Katjiepieringwals, Kersfees Wals, Klokkiewals, Lente In Switzerland, Luanda, Meadowlands, Meerkat Samba, Mimosa Cha-Cha, Nader Aan Jou, Net Jy Alleen, Nico Se Wysie, Outa In Die Langpad, Pasop Vir Die Maan, Pondoland, Quietude, Ressano Garcia, Riksja Booi, Shirley Wals, Skoppelmaai, Skuus Bietjie Hier, Soetpatatta, Umfaan, Vaalpens Polka, Voom-Ba-Voom, Wag ´n Bietjie, Warm Patat en Zambezi.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Harris, Craig. “Nico Carstens: Biografie”. Allmusic. URL besoek op 12 Februarie 2011.

Eksterne skakels[wysig]