Niek du Toit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Niek du Toit is 'n voormalige offisier van die Suid-Afrikaanse 32-Bataljon wat skuldig bevind is in Ekwatoriaal-Guinee aan 'n poging om die regering van Teodoro Obiang Nguema Mbasogo in 'n staatsgreep omver te werp. Hy is aangekla dat hy 'n voorspan van 18 huursoldate gelei het in die staatsgreep poging, terwyl 70 ander per vliegtuig van Zimbabwe sou aansluit. Du Toit is gevonnis tot 34 jaar gevangenisstraf.

Sy rol in die staatsgreep was blykbaar om huursoldate met wapens uit te rus (AK47's), RGP's en mortiere. Hy moes ook die beheer van Malabo lughawe oorneem. Hy het besigheids verbintenisse met Armengol Ondo Nguema, die broer van President Obiang gehad. Du Toit se vrou voer aan dat hy in die tronk gemartel is om bekentenisse af te lê. Die Britse sakemanne Mark Thatcher en Simon Mann word as die beplanners van die staatsgreep beskou.