Nizjni Nowgorod-oblast

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nizjni Nowgorod-oblast
Нижегородская область
Die ligging van Nizjni Nowgorod-oblast in Rusland.
Die ligging van Nizjni Nowgorod-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Flag of Russia.svg Russiese Federasie
Federale distrik Wolga
Ekonomiese streek Wolga-Wjatka
Stigting 5 Desember 1936
Regering
Hoofstad Nizjni Nowgorod
Leier Waleri Sjantsef
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 3 310 597
Volgorde 10de
Digtheid 43,5/km2
Stedelik 78,9%
Plattelands 21,1%
Statistiek
Oppervlakte 76 900 km2
Volgorde 40ste
Tydsone UTC+04:00
Registrasienommer  52, 152
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.government-nnov.ru/
Wapen en vlag
Coat of arms of Nizhny Novgorod Region.svg

Flag of Nizhny Novgorod Region.svg
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Nizjni Nowgorod-oblast (Russies: Нижегоро́дская о́бласть, Nizjegorodskaja oblast) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Nizjni Nowgorod. Met ’n bevolking van 1,3 miljoen is Nizjni Nowgorod die grootste stad in die oblast en die vierde grootste in Rusland naas Moskou, Sint Petersburg en Nowosibirsk. Die tweede grootse stad is Arzamas.

Die Wolga-rivier loop deur die gebied. Rusland se grootste klooster is in die dorp Sarof. Ander historiese dorpe sluit in Gorodets en Balachna.

Geografie[wysig]

Die Kerk van die Verlosser in Balachna.

Die oblast beslaan ’n gebied van 76 900 km2, wat omtrent die grootte van die Benelux-lande is. Landbougrond beslaan sowat 41% van die streek, woude 48% en riviere en mere 2%.

Die oblast grens aan Kostroma-oblast in die noorde, Kirof-oblast in die noordooste, die Republiek van Mari El en Tsjoewasië in die ooste, die Republiek van Mordowië in die suide, Rjazan-oblast in die suidweste, Wladimir-oblast in die weste en Iwanowo-oblast in die noordweste.

Ekonomie[wysig]

Wat nywerheid aanbetref, is Nizjni Nowgorod-oblast die sewende belangrikste gebied in Rusland. Meer as 650 nywerheidsmaatskappye verskaf werk aan sowat 700 000 mense. Die belangrikste sektore is die ingenieurs- en die metaalwerkbedryf. Die streek het nie baie natuurlike hulpbronne nie. Die belangrikstes is sand (waaronder titaan-sirkoniumsand), klei, gips, turf, mineraalsout en hout.

Demografie[wysig]

Volgens die 2002-sensus maak Russe 95% van die oblast se bevolking uit. Ander etniese groepe sluit in Tartare (1,4%), Mordwiniërs (0,7%) en Oekraïners (0,7%).

Sowat 2 754 997 van die 3 524 028 inwoners woon in stede.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Koördinate: 56°29′N 44°32′O

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg