Nobelprys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Nobelpryse word jaarliks toegeken aan mense vir uitstaande navorsing, vir pionierswerk in die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting of wat 'n buitengewone bydrae tot die samelewing gemaak het. Dit word algemeen aanvaar as die hoogste eer wat aan 'n mens toegeken kan word in vandag se wêreld. Die pryse is tot stand gebring deur die testament van Alfred Nobel, 'n Sweedse nyweraar en die uitvinder van dinamiet. Hy het sy testament geteken by die Sweeds-Noorweegse Klub in Parys op die 27ste November, 1895. Hy was geskok om te sien hoe sy uitvinding gebruik word om verwoesting te saai en wou hê dat die pryse toegeken word aan mense wat die mensdom goed gedien het.

Die Nobelprysmedalje vir Fisika, Chemie, Fisiologie (of Geneeskunde) en Letterkunde

Die eerste seremonie om Nobelpryse vir literatuur, fisika, chemie en geneeskunde toe te ken is gehou by die Ou Koninklike Sweedse Akademie vir Musiek in Stockholm in 1901; sedert 1902, word die pryse formeel toegeken deur die koning van Swede. Die toekenning van nasionale pryse aan buitelanders is aanvanklik nie deur Koning Oscar II van Swede goedgekeur nie, maar het skynbaar van opinie verander toe hy die publisiteitswaarde vir sy land besef het.

Die Pryse word toegeken by 'n formele seremonie wat jaarliks op 10 Desember gehou word, die datum waarop Alfred Nobel oorlede is. Die name van die wenners word tipies al in Oktober aangekondig deur die verskeie komitees en inrigtings wat as die keuringsrade vir die verskillende pryse dien.

'n Groot geldelike toekenning is ingesluit by die Nobelpryse en staan tans by die 10 miljoen Kroon (effe meer as 1.1 miljoen Euro of 1.4 miljoen V.S.A. Dollar.) Dit was aanvanklik bedoel om die wenners in staat te stel om hulle werk voort te sit sonder die druk om geld in te samel. (Baie wenners was egter al afgetree teen die tyd dat die pryse aan hulle toegeken is en baie Literatuurwenners het ophou skryf na die toekenning van die prys.)

Pryse is jaarliks, sedert 1901, toegeken vir prestasies in:

Na Nobel se dood het dit geblyk dat hy nooit enige van die keuringsliggame gevra het of hulle die verantwoordelikheid sou aanvaar nie; hulle het egter huiwerig besluit om dit wel te doen.

Suid-Afrikaanse Nobelpryswenners[wysig]

Ander Toekennings[wysig]

Ander vakgebiede wat nie Nobelpryse het nie, het ook pryse van hulle eie ingestel wat nie so welbekend is nie, is: die Polar-musiekprys, die Fields-medalje vir wiskunde; asook die Abelprys vir wiskunde, wat deur die Koning van Noorweë toegeken word, die Pritzkerprys vir argitektuur, die Turingtoekenning vir rekenaarwetenskap, die Wollaston-medalje vir geologie, die Schockprys vir logika en filosofie, wiskunde, visuele kunste en musiek. Die Kyoto-prys word toegeken in drie kategorieë: Gevorderde Tegnologie, Basiese wetenskappe, en Kuns en Filosofie. Die Millennium-tegnologieprys is 'n internasionale toekenning vir buitengewone tegnologiese prestasies. Die Right Livelihood-toekennings (ook bekend as die "Alternatiewe Nobelpryse") word toegeken aan persone wat 'n belangrike bydrae gelewer het in gebiede soos omgewingsbeskerming, vrede, menseregte, gesondheid ens. In 2002 is die Astrid Lindgren-gedenktoekenning, 'n internasionale prys vir kinder- en jeugliteratuur, ter ere van die Sweedse kinderboekskrywer Astrid Lindgren, tot stand gebring. Die humoristiese Ig Nobelprys is 'n parodie wat jaarliks navorsing vereer wat "nie herhaal kan of behoort te word nie."

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Nobelprys (kategorie)