Nonnetjie-eend

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nonnetjie-eend
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Anseriformes
Familie: Anatidae
Genus: Dendrocygna
Spesie: D. viduata
Binomiale naam
Dendrocygna viduata
(Linnaeus, 1766)

Die Nonnetjie-eend is 'n algemene standvoël.

Identifikasie[wysig]

Hierdie spesie is 43–48 cm lank en het 'n lang grys snawel, lang kop en langerige bene. Hulle het 'n wit kop en kroon, met 'n swart agterkop. Die rug en vlerke is donker bruin tot swart, en aan die onderkant swart hoewel die flanke fyn wit lyne vertoon. Die nekkleur is bruin. Jong voëls se kop- en nekkleure is minder kontrasterend.

Habitat[wysig]

Die habitat is varswater damme en reservoirs, met baie plante, waar die eende sade en ander plantmateriaal eet. Die eende spandeer baie tyd buite die water.

Verspreiding[wysig]

Die Nonnetjie-eend kom voor in die ooste van Suider-Afrika. Hulle broei in Afrika suid van die Sahara sowel as Suid-Amerika.

Geluid[wysig]

'n Drie-noot fluit waarvan die laaste twee note na aan mekaar is.

Ander name[wysig]

Galery[wysig]

Sien ook[wysig]