Noord-Engeland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart van Noord-Engeland se graafskappe en ligging van die gebied in Groot-Brittanje.

Noord-Engeland of Noordelike Engeland (Engels: Northern England, North of England of slegs the North) is 'n kulturele en geografiese gebied in die noorde van Engeland. Die gebied het sowat 14,5 miljoen inwoners en grens aan Skotland in die noorde en die Midlands in die suide. Belangrike stede in Noord-Engeland sluit in Liverpool, Manchester, Sheffield, Leeds, Newcastle-upon-Tyne en York. Noordelike Engeland is veral bekend vir die plaaslike aksente soos in Yorkshire en Liverpool (Scouse).

Padtekens wys dikwels 'the North'.