Noord-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Noord-Kaap
Northern Cape
Kapa Bokone
Mntla-Koloni
Ligging van die Noord-Kaap
Hoofstad Kimberley
Grootste stad Kimberley
Premier Sylvia Lucas (ANC)
Oppervlakte
- Totaal
Geranglys 1ste
361 830 vk km
Bevolking[1]
 - Totaal (2011)
 - Bev.digtheid
Geranglys 9de
1 145 861
3,1 / vk km
Christene (94,8%)
Geen (3,5%)
Res (1,6%)
Tale[1] Afrikaans (53,8%)
Tswana (33,1%)
Xhosa (5,3%)
Etniese verdeling[1] Swartes (50,4%)
Kleurlinge (40,3%)
Blankes (7,1%)
Asiërs (0,7%)

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa Mntla-Koloni) is die grootste en mins bevolkte provinsie van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in die drie nuwe provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.

Demografie[wysig]

Tale van die Noord-Kaap ██ Afrikaans ██ Engels ██ Xhosa ██ Tswana
  • Bevolking (2001-sensus): 822 727. Mees yl bevolkte Suid-Afrikaanse provinsie.
  • Tale: Afrikaans (68%), gevolg deur Tswana (20,8%).

Distrikte[wysig]

  1. Namakwa
  2. Pixley ka Seme
  3. Siyanda
  4. Frances Baard
  5. John Taolo Gaetsewe

Geografie[wysig]

Oppervlakte: Sowat 361 830 vierkante kilometer -- die grootste provinsie wat 29,7% van die land beslaan.

Ligging en topografie[wysig]

Die Noord-Kaap word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die lande Namibië en Botswana in die noorde, die provinsie Wes-Kaap in die suide en die provinsies Noordwes, Vrystaat en Oos-Kaap in die ooste. Die Noord-Kaap is 'n plat, klipperige wêreld, yl begroei en droog (gemiddeld slegs sowat 250 mm reën per jaar). Die suide is 'n deel van die Groot Karoo, terwyl die Kalahariwoestyn vanuit Botswana in die noorde oor die provinsie reik. Dis 'n harde wêreld, wat darem ryklik getemper word deur die beroemde veldblomme wat in die lente in Namakwaland ontluik. Van die veldblomme is inheems, maar die gewildste plant, die kosmos, is 'n indringer van Amerika. En dan is daar die Oranjerivier, wat soos 'n lint van lafenis deur die dorsland sny en in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Ekonomie[wysig]

Die Noord-Kaap is ryk aan minerale (asbes, koper, ystererts, mangaan, gips, edelstene) en het die grootste diamantneerslae in die land. Dis skaapwêreld, maar die provinsie het ook sy kwota wynmakers en sitrusvrugteboere, onder meer.

Bronne[wysig]


Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 statssa.gov.za - 2011-sensus


Provinsies van Suid-Afrika Flag of South Africa
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap