Noordelike ekonomiese streek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Noordelike ekonomiese streek in Rusland.

Die Noordelike ekonomiese streek (Russies: Се́верны экономи́ческий райо́н, Sewerni ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit bestaan uit ’n gelyk deel van Europese Rusland.

Die streek is 1 466 300 km2 groot en die bevolking is 5,7 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 76 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 3,9/km2.

Die belangrikste ekonomiese sektore in die gebied is mynbou, metaalbewerking, bosbou en voedsel (vissery), asook ystererts, nikkel, seldsame minerale, steenkool, olie en gas. Daar is ook diamante, chroom, titanium en goud.

Die landbou bestaan hoofsaaklik uit vleis- en melkveeboerdery, asook die teling van varke, bokke en hoenders. Landbougewasse is veral aartappels, groente, veevoer en vlas.

Deelgebiede[wysig]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Flag of Arkhangelsk Oblast.svg Archangelsk-oblast
  2. Flag of Karelia.svg Karelië
  3. Flag of Komi.svg Komi
  4. Flag of Murmansk Oblast.svg Moermansk-oblast
  5. Flag of Nenets Autonomous District.svg Nenetsië
  6. Flag of Vologda Oblast.png Wologda-oblast

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg