Nord Stream

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Oossee-gaspyplyn Nord Stream

Die Nord-Stream-pyplyn, oorspronklik North European Gas Pipeline, NEGP, ook Oossee-pyplyn genoem, is 'n gaspyplyn wat op 8 November 2011 amptelik ingewy is en Russiese aardgas vanaf die gasveld Joesjno-Roesskoje deur die Oossee na Duitsland vervoer.

Die pyplyn is in besit van die Russiese gasuitvoer-monopolis Gazprom (51 persent), die Duitse energieverskaffers Wintershall en E.ON (elkeen 15,5 persent) asook die Nederlandse Gasunie en die Franse GDF Suez (elkeen 9 persent).