Nordahl Grieg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nordahl Grieg
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Nordahl Grieg tydens die Tweede Wêreldoorlog

Geboortenaam Johan Nordahl Brun Grieg
Gebore 1 November 1902
Bergen, Noorweë
Oorlede 2 Desember 1943 (op 41)
Kleinmachnow naby Berlyn, Nazi-Duitsland
Nasionaliteit Vlag van Noorweë Noorweë
Ouers Peter Grieg
Helga Grieg (née Vollan)
Beroep Dramaturg, digter, romanskrywer, joernalis en soldaat
Bekend vir Til Ungdommen
Huweliksmaat Gerd Egede-Nissen

Johan Nordahl Brun Grieg (* 1 November 1902 in Bergen, Noorweë; † 2 Desember 1943 in Kleinmachnow naby Berlyn) was 'n Noorse skrywer en joernalis. Grieg het sy veelsydige loopbaan as seeman en soldaat begin. Later was hy werksaam as joernalis in Sjina en Spanje, skrywer, regisseur en redakteur van 'n tydskrif. Ná 'n verblyf in die Sowjetunie het hy as oortuigde linkse na die weste teruggekeer en in die 1930's, as Noorse patrioot, aktief opgetree teen fascisme.

In 1943 was hy oorlogsverslaggewer gedurende die geallieerde lugaanvalle op Nazi-Duitsland toe die Britse Lancaster-bomwerper, waarin hy gevlieg het, naby Berlyn afgeskiet is.