Norman Foster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Norman Foster
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Norman Foster in Dresden (2006)

Geboortenaam Norman Robert Foster
Gebore 1 Junie 1935
Stockport, Cheshire, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Ouers Robert Foster
Lilian Smith
Beroep argitek
Bekend vir 30 St Mary Axe, Londen
Willis Faber and Dumas-hoofkwartier, Ipswich
Wembley-stadion
Eerbewyse Stirling-prys, Pritzker-argitektuurprys, Minerva-medalje, Prins van Asturië-toekenning, AIA Goue Medalje, HonFREng
Webblad http://www.fosterandpartners.com/

Norman Robert Foster, sedert 1990 Sir Norman Foster en sedert 1999 ook Lord Foster of Thames Bank, is 'n Britse argitek.

Foster is bekend vir sy ontwerpe van onder andere die Millennium-brug (wat oor die Teems in Londen strek), asook 30 St Mary Axe, (beter bekend as die "Gherkin", in dieselfde stad) en die koepel op die ryksdaggebou in Berlyn. Sy ontwerpe kan so ver as Sjina, Australië, Kanada en Kasakstan besigtig word.

Hy is in twee eksklusiewe ordes opgeneem, die Duitse orde Pour le Mérite ("vir die meriete") en, in 1997, die Briste Order of Merit ("orde van meriete"). Hy is ook benoem tot Life Peer, wat beteken dat hy vir die res van sy lewe as 'n edelman beskou sal word en, as 'n baron, behoort hy tot die Britse Hoërhuis.

Galery[wysig | wysig bron]

'n Aantal van Foster se ontwerpe:

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Norman Foster (kategorie)