Northam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Northam
Ligging van Northam op 'n kaart (Limpopo)
Northam
Northam
Koördinate: 24°57′0″S 27°16′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distriksmunisipaliteit Waterberg
Stigting 1946
Tydsone SAST (UTC+2)

Northam is 'n dorpie in die Limpopo provinsie, Suid-Afrika. Die dorpie is 47 km suid van Thabazimbi. Die spoorlyn vanaf Thabazimbi na Rustenburg gaan deur die dorp.

Geskiedenis[wysig]

Die dorpie is deur EHJ Fulls op die plaas Leeukoppie uigelê en in 1946 geproklameer. Hierdie plaas en ander het behoort aan H Herd wat dit van Britse soldate gekoop aan wie dit toegeken was na die Tweede Vryheidsoorlog. Herd is toegelaat om die dorp se naam te kies en sy keuse het geval op Northam in Devonshire, Engeland.

Omgewing[wysig]

Daar is beduidende chroom en platinumneerslae in die omgewing. Die Oppikoppi musiekfees vind jaarliks in die omgewing plaas.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]