OAK (vliegtuigkorporasie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Obedinjonnaja Awiastroitelnaja Korporatsija «OAK»

United Aircraft Corporation «UAC»
Kenteken van Oak.jpg
Logo OAK.gif
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig Februarie 2006
Hoofkantoor Moskou, Russiese Federasie
Industrie Lug- en ruimtevaart, wapenbedryf
Produkte Vliegtuie, helikopters, missiele, avionika, elektronika
Inkomste 128,2 miljard roebel (2010)
Werknemers 100 000
Webwerf UAC Russia

OAK (Russies Объединённая Авиастроительная Корпорация, Obedinjonnaja Awiastroitelnaja Korporatsija, Engels United Aircraft Corporation) is 'n Russiese lugvaartkonsortium wat uit dié land se grootste vliegtuigvervaardigers Soechoi, Mikojan-Goerewitsj, Tupolev PSC, Iljoesjin en IRKUT (Berijef en Jakoflef) bestaan.

Meer as 80 persent van OAK se aandele word deur die Russiese regering gehou. Die maatskappy konsolideer privaat en staatsbeheerde Russiese vliegtuigvervaardigers wat by die ontwerp, vervaardiging, bemarking en verkoop van militêre, passasiers-, vrag- en onbemande vliegtuie betrokke is.