Oeral-rivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oeral-rivier
Die Oeral-rivier tussen Oeral en Atyrau
Die Oeral-rivier tussen Oeral en Atyrau
Ural river.png
Die stroomgebied van die Oeral.
Oorsprong Oeralgebergte (Rusland)
Monding naby Atyrau, Kasakstan, in die Kaspiese See
Gebied waardeur dit vloei Rusland, Kasakstan
Lengte 2 428 km (1 509 myl)
Monding-hoogte -28 m (92 voet)
Gemiddelde afloop 400 m³/s (14 100 ft³/s)
Stroomgebiedoppervlakte 231 000 km² (89 190 myl²)
Kaart van die Oeral-bekken in Europa.
Kaart van die Oeral-bekken in Europa.

Die Oeral (Russies: Урал; Kasaks: Жайық, Zjajik) is die derde langste rivier in Europa. Dit was voor 1775 bekend as die Jaïk (Russies: Яик).

Dit ontstaan in die suidelike Oeralgebergte, vloei deur Rusland en Kasakstan, en eindig in die Kaspiese See. Sy totale lengte is 2 428 km. Die Oeral en die Wolga is van die grootste riviere wat in die Kaspiese See loop.

Naam[wysig]

Die rivier was tot in 1775 bekend as die Jaïk. Op ’n kaart van Ptolemeus uit die 2de eeu n.C. is dit as die Jajykon aangedui.[1] Die naam Jaïk is van Turkse oorsprong en word vandag nog amptelik in Kazachs en Basjkiries gebruik. Dit is ook soms in Europese dokumente die Rhymnus fluvius genoem.[2]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]