Oesjanka

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Russiese oesjanka.

Oesjanka is 'n Russiese pelshoed, met oorflappe wat aanmekaargebind kan word oor die kroon van die hoed, asook onder die draer se ken om die ore teen die koue te beskerm.

Oesjankas word gewoonlik van konynpels gemaak en soms ook van meer gesogte pels soos dié van vosse en wolwe. Dié van nagemaakte pels word deesdae in groot maat vervaardig en aan toeriste verkoop. Oesjanka beteken letterlik "hoed-met-flappe" in Russies. Daar word bespiegel dat die Russe die ontwerp van die hoed van die Mongoolse leër gekry het aangesien die Mongole 'n soortgelyke hoed gedra het. Die oesjanka bly egter wel 'n stereotipe van die Russiese kultuur.