Oimjakon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oimjakon
Оймякон
Өймөкөөн
Die ligging van Jakoetië in Rusland
Die ligging van Jakoetië in Rusland
Ligging van Oimjakon op 'n kaart (Rusland)
Oimjakon
Oimjakon
Die ligging van Jakoetië in Rusland
Koördinate: 63°27′39″N 142°47′09″O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Jakoetië
Regering
 - Tipe Stad-okroeg
 - Burgemeester Rosalija Kondakowa
Hoogte 741 m (2 431 vt)
Bevolking (2010)
 - Stad 521
Tydsone WLAT (UTC+11:00)
Poskode 41154
Skakelkode(s) 7 86352

Oimjakon (Russies: Оймякон; Jakoeties: Өймөкөөн) is ’n dorp met 521 inwoners in Oimjakonski Oeloes van die Republiek van Sacha (Jakoetië) in Rusland. Dit is aan die Indigirka-rivier, 30 km noordwes van Tomtor aan die Kolima-snelweg, geleë.

Oimjakon is bekend daarvoor dat dit die heeltyds bewoonde plek is waar die laagste temperatuur nog gemeet is (-71,2 °C op 26 Januarie 1926). Dit is egter betwisbaar omdat die temperatuur nie direk gemeet is, maar verkry is deur ekstrapolasie. Dis ook die laagste temperatuur wat nog in die Noordelike Halfrond gemeet is behalwe vir ’n nieamptelike laagste gemete temperatuur van -77,5 °C by die Loganberg in die Yukon, Kanada. Net in Antarktika is laer amptelike temperature al gemeet – die laagste was -89,2 °C naby die Russiese stasie Wostok.

Die weerstasie van Oimjakon is in ’n vallei tussen dié dorp en Tomtor op ’n hoogte van 750 m bo seespieël. Die omringende berge van 1 100 m hoog veroorsaak dat koue lug deur die vallei trek. Die temperatuur by Oimjakon daal dikwels onder -40 °C. In 2008 is -60,2 °C op beide 19 Januarie en 22 Desember gemeet.

Die naam in Sacha beteken "water wat nie vries nie", dit is danksy ’n warmwaterbron daarnaby. Die grond daar is ysgrond, wat permanent bevrore is.

Weerbesonderhede van Oimjakon
Maand Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Rekord-hoogste (°C) -16,6 -16,2 2 11,7 26,2 31,1 32,6 31,4 23,7 11 -2,1 -6,5 32,6
Hoogste gemiddelde (°C) -40,7 -35 -21,9 -3,6 9,2 19,9 22,2 18,2 8,9 -8,9 -32,5 -41,9 -8,8
Laagste gemiddelde (°C) -49,2 -47 -41,2 -24 -4,8 4 5,8 1,6 -4,7 -20,6 -41,4 -48,9 -22,5
Rekord-laagste (°C) -68 -64,6 -60,6 -46,4 -28,9 -9,7 -9,3 -17,1 -25,3 -47,6 -58,5 -62,8 -68
Reënval (mm) 8 7 5 5 12 34 48 38 22 16 12 8 215

Bron:[1]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Погода и Климат - Климат Оймякона (in Russies)”. URL besoek op 8 Des 2008.

Eksterne skakels[wysig]