Oka

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oka
'n Uitsig oor Oka, met die Lac des Deux Montagnes in die agtergrond
'n Uitsig oor Oka, met die Lac des Deux Montagnes in die agtergrond
Ligging van Oka met Montreal in die ooste
Ligging van Oka met Montreal in die ooste
Ligging van Oka op 'n kaart (Quebec)
Oka
Oka
Ligging van Oka met Montreal in die ooste
Koördinate: 45°28′00″N 74°05′00″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec
Region Laurentides
Regionale County Deux-Montagnes
Stigting 1721
Stadstatus 8 September 1999
Regering
 - Burgemeester Richard Lalonde
Oppervlak
 - Dorp 85,9 km²  (33,17 vk m)
 - Land 57,3 km² (22,12 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 3 969
 - Digtheid 69,3/km² (179/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Poskode J0N 1E0
Skakelkode(s) 450 en 579
Webwerf: municipalite.oka.qc.ca

Oka is 'n klein dorpie in die Laurentides-gebergte van Quebec, Kanada. Oka staan veral bekend vir sy klooster van die Trappisteorde, L'Abbaye Cistercienne d'Oka, wat sy eie kaas en sjokolade vervaardig en met sukses bemark. In 2004 het die monnike - van wie die meeste al die ouderdom van sewentig jaar bereik het - besluit om na 'n ander plek te verhuis.

In 1990 is een polisieman van die provinsiale polisiediens van Quebec, Sûreté du Québec, dood in 'n botsing met lede van die Mohawk-stam wat die bou van 'n gholfbaan op een van hul graafplase met geweld probeer keer het. Die onluste tussen Maart en September 1990 staan bekend as die Oka-krisis.